Amper weer terug in Jbay

More ry ons weer terug Jeffreysbaai toe. 

Lady Grey vanaf die Joubertspas


Ons is in die laaste week van November 2020 daar weg, toe was ons by die Gariep Dam vir 2 aande, by my ma-hulle vir so paar nagte, by my skoonma, toe in Kaapsehoop, in Nelspruit, in Waterval-Boven, terug by my ma hulle, in Pretoria, terug by my ma-hulle, deur na my skoonpa-hulle naby Newcastle, toe in Clarens, Lady Grey en nou op 'n wildsplaas naby Queenstown.



Watervalletjie in die berg by Clarens


Dit was nou 'n padrit-en-'n-half!

En more voltooi ons die sirkel uiteindelik :-)

Ek moet sê ons het nogal lief geword vir die Oos Kaap.



Die Vrystaat was pragtig - Clarens en Golden Gate - en sal ons definitief weer sien. KwaZulu Natal spog met die majestieuse Drakensberge en die landskap in Mpumalanga is betowerend. Maar ons sien nou weer uit na elke dag se seewater oor ons lywe en sand tussen ons tone. 

2021 lê nog in al sy glorie voor ons oopgesprei en ons mooi land wag vir avonturiers en ontdekkers om te gaan verken en beleef wat dit kan bied. Daar is soveel om nog te gaan kyk in Suid Afrika. Met die onsekerheid oor wat die virus nou nog vir ons gaan gooi, sal ons meeste van die jaar seker in die Ooskaap bly (nie dat ons kla nie!)



Geniet die reis saam met ons op instagram, facebook en youtube :-)

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

The best surfing spots in South Africa along the West Coast (so far)

Week 33 in Afrikaans - Stellenbosch, Paarl, Taalmonument

Verf en verf en verf