Van Jbay tot in Gauteng

 Hoe vreemd is laasjaar nie gewees nie! Ek het definitief niks van die aard verwag nie. Maar die wonderlikste ding is dat ons deur die jaar gekom het, en nou is ons aan die begin van 'n nuwe jaar. Ek het besluit om weer te begin "blog" hierdie jaar.  Kom ons kyk maar hoe dit gaan!

Ons het aan die einde van November uit Jeffreysbaai gery en ons eerste stop was die Gariepdam. Ons was nog nooit voorheen daar nie, en dit was 'n lekker nuwe plek om te kan verken! Met Bolt wat by ons is, was dit redelik moeilik om akkomodasie te kry, maar ons het toe op die ou einde reggekom met 'n huisie in die dorp.

Die Gariepdam

Gariepdam is 'n dorpie in die Suid-VrystaatSuid-Afrika langs die Gariepdam se wal. Die dorpie, aanvanklik Oranjekrag genoem, is in die sestigerjare gebou om die werkers te huisves wat by die bou van die Hendrik Verwoerddam betrokke was. Die dorp is sedertdien tot 'n aftree- en vakansiedorp ontwikkel. Volgens die 2011-sensus het Gariepdam 'n bevolking van 1 568 gehad[1] - https://af.wikipedia.org/wiki/Gariepdam_(dorp)

Gariep is 'n San/Nama woord wat Groot water/Groot rivier beteken. Die Oranjerivier word ook na verwys as die Gij Gariep en daarom Gariepdam. https://af.wikipedia.org/wiki/Gariepdam


Die dam is indrukwekkend, en ons bootrit - hoewel ons saam met 'n raserige klomp was wie eerder wou drink en sing - was 'n aangename manier om die dam te verken.



Ons het 2 nagte oorgeslaap op Gariepdam. Ons het elke aand op 'n ander mooi uitkykpunt gaan sit vir "sundowners" en Bolt was tog te gelukkig om saam met ons rond te rits.



Die "Forever Resort" lyk soos 'n plek wat die moeite werd sal wees om te besoek. Maar hulle wil nie honde toelaat daar nie ...











Van Gariepdam af is ons regdeur tot in Daleside, waar my ma hulle woon. Die reunie met familie is altyd lekker!







Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

The best surfing spots in South Africa along the West Coast (so far)

Week 74 en 75 - die einde van hierdie avontuur

Finding King Shaka's Isivivane