Declan se oulike sê-goed

Soos mense seker nou al moet weet, is Declan my en Pieter se seuntjie.
Hy is verseker die oulikste seuntjie in die wêreld (soos almal seker ook weet!)
Ek het gedink om net bietjie te begin om sy oulike sê-goed neer te skryf, want hy is nog nie eers 2 nie, maar hy praat vol sinne!

As ons in die kar ry, dan sê hy "mamma jaag die karre!"

Hy is lief daarvoor om met 'n handoek te loop (opgerol in 'n bondeltjie) en te sê dis sy "klein babatjie".

Hy sit vandag op die trappie in die badkamer terwyl ek bad, en hy sê: "ek nou heavy hartseer!"

Hy word baie oggende wakker dan sê hy; "Mamma ek nou wakker! Ek sooo bly!"

Hy sê dikwels vir my: "Mamma, ek lief jou!"

"Mamma ek jou by sit" (Mamma, ek wil by jou sit)

"mamma, ek nog klein"

"Deci groot seun!"

Vandag ry ons verby koeie in die veld, en hy sê "Mamma!!! Kyk al die baie olifante!"

Ouma het 'n roos-ringetjie gekoop, en Deci sê: "Ouma, ek ook sulke roos-ringetjie hê!"

Declan vra vir my vir 'n koekie, en ek sê "nee", hy kyk vir my en sê: "Nie my nee sê nie!"

Pieter en Declan stoei, en Pieter sê hy moenie so hard slaan nie. Declan sê "Net so klein-hard?"

Opmerkings

Salomé het gesê …
Ai dis te cute!

(Hier's waar ek 'bly': http://scribcrib.wordpress.com/)
Joe David het gesê …
Dis baie oulik Rut :)
Rut Cloete het gesê …
dankie julle!

Gewilde plasings van hierdie blog

Finding King Shaka's Isivivane

The best surfing spots in South Africa along the West Coast (so far)

Week 35 in Afrikaans - Stellenbosch, Houtbaai, Vishoek, Kalkbaai