Die Begin van 'n 20/20 jaar!

So.
(Ek kom agter dat ek heeltemal te veel van my sinne begin met "so"...)

In September het ek getreur daaroor dat ons padrit-sirkel voltooi is, maar vandag is my hartjie bly want dit lykmy die plan het eintlik net bietjie verander (verbeter?).

Ons het 'n wonderlike geleentheid gekry om in Jeffreysbaai te gaan bly vir 6 maande van Februarie af! Ons slaap vanaand in Rhodes in die Ooskaap en sal oormore deurry na "Hole in the Wall" naby Koffiebaai. Van daar af sal ons afry Queensberry bay toe en bly vir 'n week en daarna in Oos Londen en Port Elizabeth totdat ons kan intrek in Jbay.

Maar dalk moet ek so bietjie opvang waar ek laas opgehou het...

Ons het in September en die hele Novembermaand by my skoonouers op die plaas gebly naby Newcastle (gaan kyk gerus ons YouTube video daaroor: https://youtu.be/-yFwQQGyn5A ). Dit het gevoel asof ons huistoe gekom het en dit was heerlik om by hulle te wees.


Oktober het ons spandeer in Hibberdene en meeste dae gaan kyk hoe die golwe lyk by Umzumbe, maar net Pieter was suksesvol met sy surfing daar. (Die youtube video is oppad..). Ons was ook Lesotho toe; (eerste video  https://youtu.be/DBd40jTV_-w, tweede video  https://youtu.be/BAnrUVX0Ss8 en derde video https://youtu.be/WbJm-W2BZFE) en Pieter is hospitaal toe nadat 'n bloublasie hom beetgekry het (https://www.facebook.com/2007143019606771/posts/2428779820776420/)!



Die hele Desember het ons huise opgepas in Pretoria en uitgekom by familie en vriende, en dit was lekker. Dit was hartseer om die gejaag in almal se oë te sien wat ons self ook al gevoel het en ons is dankbaar vir die breek van dit deur hierdiw deurlopende avontuur wat ons ervaar. So ons het besluit dat vir so lank as wat ons kan, sal ons toer en dat die see ons harte gesteel het.

'n Hoogtepunt was verseker ons tyd in die Magaliesberge op die Bergklub gronde naby Mooinooi (gaan kyk op Instagram vir so paar mooi fotos) en 'n lekker kuier met ou vriende van Denemarke.



Ons land is dalk wel in 'n krisis en ons toekoms hier dalk onseker, maar ons het soveel om nog voor dankbaar te wees: Nie al ons natuur-skatte is onveilig nie, nie al ons paaie is lelik nie en nie al ons dorpe is onveilig nie. Daarom is ons dankbaar vir wat nogsteeds beskikbaar is en sal ons deel wees van die hoop en afwagting vir goeie dinge in Suid Afrika!



Ons is opgewonde om terug te gaan see toe en dalk (hopelik!) beter te word met ons surfing!

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

The best surfing spots in South Africa along the West Coast (so far)

Verf en verf en verf

Week 53 - Ons laaste week in Mosselbaai