Ons eie Buzz Lightyear


Declan verjaar oor 4 dae, en hy word 3 jaar oud. As mense hom vra wat sy naam is, dan sê hy vol vertroue "My naam is Buzz!" Pappa is natuurlik Woody en ek is Jessie.
Buzz het spesiale vlerke en hy kan vlieg. Declan mag dalk nie op banke staan en spring nie, maar dis nie wat Buzz doen nie, Buzz is besig om te vlieg. Dan val hy natuurlik ook en breek sy arm af. Maar dit kan ons altyd regmaak...
So, volgende naweek is dit sy partytjie. Vanoggend het ons die Buzz koppies, borde, tafeldoek, fluitjies, ballonne en kaartjies gekoop. Die Buzz-koek is bestel en die groot vraag is, sal die persent 'n fiets wees of sal dit 'n groot Buzz Lightyear wees?
Darem is Buzz 'n oulike karakter - hy is 'n goeie vriend vir Woody, hy glo in goeie goed, en hy vloek nie. Hy skop en slaan niemand nie en hy stamp nie sy maatjies nie. Declan is ook darem meeste van die tyd so!

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

The best surfing spots in South Africa along the West Coast (so far)

Verf en verf en verf

Week 53 - Ons laaste week in Mosselbaai