Kersfees-koekies!
Ek en my niggie Keara-Lin dreig nou al 'n rukkie om koekies te bak vir kersfees. So sy het toe uiteindelik gister die hele dag hier by my kom kuier en ons het 2 bakke vol koekies gebak! Ons het eers 'n Golden Cloud boks-koek gebak en cupcakes gemaak van dit Kyk net hoe mooi lyk dit! Dis nou nie - "food-magazine" kwaliteit nie, maar goed genoeg vir my blog, dink ek! Daar moes toe natuurlik ook tee-tyd gehou word! Toe begin ons met die soetkoekies - altyd 'n wenner! Keara bestudeer haar handewerk met 'n kritiese oog - Kyk net hoe mooi :-) Die volgende batch was biscotti -- mmmmmmmm---- eweredig verdeel... :-P Feast your eyes! En laastens vanilla crescents Al die resepte wat ons gebruik het is op my pinterest-profile: http://pinterest.com/rutcloete/christmas-cookie-time/