My dogtertjie - Charma

My Charma-meisiekind is 'n regte ou sonstraaltjie! Sy is vrolik die meeste oomblikke van die dag, maar sy het 'n frons wat uitkom wanneer haar sterk willetjie 'n bedreiging ervaar.

Sy is baie lief vir haar mense en haar plekkie. Mamma, pappa, boeta, Kelina en Bolt moet by haar wees, en sy moet asseblief met haar eie kombersie (wat ouma Charlotte gemaak het), in haar eie bedjie in haar eie kamer slaap. Anders "suffer" ons almal.

Hier is sy in haar bedjie

Sy is mal daaroor om buite te speel. Sy HARDLOOP vir die deur as enige iemand waag om dit oop te los. Ek het nog teen dit geveg toe dit so koud was, maar noudat die dae lekker warmer word hier in Gauteng, laat ek haar toe, en sy geniet dit vreeslik.







Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

The best surfing spots in South Africa along the West Coast (so far)

Verf en verf en verf

Week 51 - Tweede week in Mosselbaai, kuiers in Gauteng en 'n padrit na Stilbaai