Ons lewe op die oomblik - ons groentetuin

Ek het gedink ek wil net bietjie post oor ons lewe op die oomblik.
Na so 2 of 3 jaar se "non-stop" werk, het ons besluit ek sal bietjie terugstaan en vir Pieter die leisels van die besigheid oorgee, sodat ek net 'n mamma kan wees terwyl on kindertjies nog sie klein is.

Meeste van die dae gaan dit goed, maar so elke nou en dan is dit nogsteeds nodig dat ek moet inspring en help.

In elk geval, ek het gedink dit sal goed wees om neer te skryf wat dit is wat ek toe intussen begin doen het, om te "check" of ek wel regrky om mamma te wees, en seker te maak ek verander nie in 'n lui mens nie!

Een van die lekker dinge waarvoor ek nou party dae tyd voor het, is ons groentetuin.
hierdie is ons rytjie wortels.
Daar was definitief meer geplant, maar Bolt het dit uitgegrawe, of Moses het dit uitgespit.

Die is die "chinese cabbage". Ek kan eintlik glad nie onthou hoeveel ek geplant het nie, maar daar is net een plantjie wat uitgekom het. Sover lyk hy mooi en gesond, ons vorige batch het almal gevrek van luise.

Hierdie is die ry pietersielie wat my ma my oorreed het om plantjies te koop. Nadat dit geplant is, en sy al lankal huistoe is besef ek eers dat SY eintlik die een is wie so mal oor pietersielie is, nie EK nie!

Rocket!!! vandat ons plantjie so mooi groei, eet ek rocket-blare by elke ete. Waar my ma mal is oor pietersielie, is ek mal oor rocket. En soos sy altyd pietersielie in al die maaltye ingeforseer het, so doen ek dit met rocket, tot my eie gesin se irritasie!

Die aarbeie het ouma Charlotte vir Declan gegee. So hierdie is sy plantjies en hy is oorstelp met vreugde oor hierdie groen aarbeitjie wat sy verskyning gemaak het!


Pieter is baie opgewonde oor sy mielieplante, daar het nou al 24 sulke klein plantjies opgekom!!
Hierdie tamatieplantjies kom sommer so self op!
hierdie is hopelik pampoen-plantjies!

Dis lekker om elke oggend saam met my seuntjie die groente nat te lei en dan die beddings te inspekteerom te sien of daar al vordering is. Party plekker het die saad begin opkom, maar toe het Moses die beddings omgespit toe ek een dag in die stad gewerk het, en ek moes alles weer oorsaai.

Daar sal hopelik in die somer eiervrug, groenrissies, tamaties en pampoen wees. O ja, en natuurlik mielies!

Ons werk somes al 4 (Charma ook!) in die tuid, en dis baie lekker vir die kinders om so vol modder te word!







Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

The best surfing spots in South Africa along the West Coast (so far)

Week 33 in Afrikaans - Stellenbosch, Paarl, Taalmonument

Verf en verf en verf