My seuntjie - Declan

My seun is nou 4 jaar oud, en hy word 5 oor minder as 'n maand! Hy was van geboorte af by my, behalwe so 2 maande wat hy in 'n kleuterskool was toe ons verskriklik baie werk gehad het.

Sy beste maatjie is sy nefie - Nikolai:
Vandat Nikolai in Graad R is in Dr Verwoerd, kan Declan nie meer wag om Constantia Park Laerskool toe te gaan nie. So vir hierdie mamma wat al amper 5 jaar lank vasklou aan haar seuntjie, is dit terselftertyd WONDERLIK en AAKLIG om te dink dat hy volgende jaar skool toe sal gaan.

Hy love  dit om soos karakters "op te dress". Hy het al 'n hele krat in sy kamer vol "dress-up" klere.

Hier is hy soos 'n seerower:


'n superhero:
'n ridder:

Sy oupa Wynand het vir hom die swaard en die skild gemaak. Die Valkonier is die Cloete's se familiewapen. Die helm het ons so jaar of twee terug gemaak uit papier.

Hy het ook baie maskers al gemaak - hierdie een het hy by 'n partytjie gekry so jaar terug, en hy hou daarvan om te speel hy is 'n kat, of 'n leeu, of 'n hond. Hy geniet hierdie maskers.


Ek probeer ook om redelik gereeld iets saam met hom te doen wat hom laat knip, verf en plak. Hier is van die projekte wat ons hierdie jaar gedoen het:

Dit was obviously Noag se Ark



Hierdie was monsters



en ons maak dikwels sulke krone vir hom om te kan verander in 'n prins.

My seuntjie het 'n wonderlike verbeeldingswereld en kan homself baie lank soet besig hou. Sy sussie is nou maar 1 jaar en 2 maande, maar hy speel baie lekker met haar ook.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

The best surfing spots in South Africa along the West Coast (so far)

Verf en verf en verf

Week 51 - Tweede week in Mosselbaai, kuiers in Gauteng en 'n padrit na Stilbaai