Week 49 - Oppad na Mosselbaai (vuurstorms, klipgolwe en ewige gebergtes)
Maandag was dit basies ons laaste dag in Stellenberg. Pieter en Declan het saam met ons vriend Craig gaan rotsklim en ek en Charma het gaan fliek. Ons het die nuwe "How to train your dragon" gaan kyk. Bo-op Paarl Rots Declan het sy eerste "lead" ingekry op die "multi-pitch" roete. Dit beteken hy klim eerste en is verantwoordelik om die tou elke keer mooi in te "clip" in elke anker in die rots. Hy was op wolk nommer 9! Ek en Charma het lekker van winkel tot winkel gestap en onsself verkyk aan al die mooi goed. Na ons fliek het ons roomys geëet vir middag-ete, en toe kry ons 'n uber om ons huistoe te neem. Oppad na Riversdale het ons in Montagu gestop vir middag-ete Dinsdag het ons binne 2 ure gepak en alhoewel al ons goed kleintjies gekry het, het ons EN ons goed alles in die kar gekom. Dit is baie eienaardig hoe ons dit regkry om so op te gaar op hierdie padrit van ons. 'n Mens sou dink dat ons dit nou al sou afgeleer he...