Week 53 - Ons laaste week in Mosselbaai
Hierdie week is die begin van ons nuwe jaar op die pad. Baie planne en gedagtes vloei deur ons huis en ons staan verstom met hoe ver ons gekom het. Vandag 'n jaar terug was ons maar nog baie op ons senuwees oor wat vir ons voorlê en nou kyk ons terug met harte wat oorloop van dankbaarheid. Ons sien uit na die jaar wat voorlê en die keer is ons meer gerus oor die moontlikhede en avonture wat vir ons wag. By die oorspronklike eerste "poskantoor" in Afrika Hierdie week voel eintlik of dit net te veel en te vinnig was. Maandag het ons die Dias museum gaan besoek en die posboom. Ek dink ons is al OP-ge museumbesoek... dit het net uitgeloop in kinders wat vreeslik honger en dors is, ons wat geirriteerd is met hulle en op die ou einde net een deurjaag-ery van punt tot punt. Iets wat wel BAIE cool was, was die skulp-versameling in een van die geboue daar. Die mooiste skulpe wat ons nog ooit gesien het en hulle name is ook daarby! Charma was sommer teleurgesteld in...