Amper weer terug in Jbay
More ry ons weer terug Jeffreysbaai toe. Lady Grey vanaf die Joubertspas Ons is in die laaste week van November 2020 daar weg, toe was ons by die Gariep Dam vir 2 aande, by my ma-hulle vir so paar nagte, by my skoonma, toe in Kaapsehoop, in Nelspruit, in Waterval-Boven, terug by my ma hulle, in Pretoria, terug by my ma-hulle, deur na my skoonpa-hulle naby Newcastle, toe in Clarens, Lady Grey en nou op 'n wildsplaas naby Queenstown. Watervalletjie in die berg by Clarens Dit was nou 'n padrit-en-'n-half! En more voltooi ons die sirkel uiteindelik :-) Ek moet sê ons het nogal lief geword vir die Oos Kaap. Die Vrystaat was pragtig - Clarens en Golden Gate - en sal ons definitief weer sien. KwaZulu Natal spog met die majestieuse Drakensberge en die landskap in Mpumalanga is betowerend. Maar ons sien nou weer uit na elke dag se seewater oor ons lywe en sand tussen ons tone. 2021 lê nog in al sy glorie voor ons oopgesprei en ons mooi land wag vir avonturiers en ontdekkers om te ...