Week 72 - Port Alfred en die wildsplaas
Toe ons laasweek Saterdag in Port Alfred aangekom het, was die see ontstuimig. 'n Stappie langs die strand Die weervoorspelling het gewys dat die wind baie gaan waai en dat dit net Dinsdag mooi genoeg gaan wees vir branderplankry. Dit was heeltemal waar. Dinsdag was "surf'-dag Dit is asof die see al wilder word hoe hoër ons opbeweeg langs die kus. Daar waar die Kowie rivier in die see inloop, het hulle twee piers gebou as ingang in die klein hawetjie waar die bote veilig kan lê. Die mensgemaakte stellasie maak egter 'n baie lekker golf wat die branderplankryers lekker ver kan ry op goeie dae. Sonsopkoms in Port Alfred Maandagmiddag het ons gou na werk na die Boesmansrivier toe gery. Oral langs die kus is daar rivere wat in die see invloei, en die riviere het dan ook hoog- en laagwater soos die see. Met hoogwater styg al die "jettys" voor die huise waar die bote vasgemeer is op, en met laagwater gaan lê hulle weer in die modder. By omt...