Week 3 - In Afrikaans
Ons het weer veilig aangekom op die plaas, na 'n heerlike dag deur die groen middeland. Eerste stop was Hilton waar die kids 'n wens gemaak het in 'n wensput. (Ons het eintlik net koffie gesoek, dis hoekom ons daar gestop het). Hulle was so opgewonde oor die nuwe ding dat altwee vergeet het om te wens voor hulle die geldjie ingegooi het! Gelukkig het Pieter nog bietjie muntstukke gehad en hulle het weer 'n "beurt" gekry. Charma was onmiddelik teleurgesteld en gesê hulle het sekerlik die ding verkeerd gebou want haar wens het nie waar geword nie. Toe ons vra wat sy gewens het, toe sê sy haar wens was dat ons daar by die stop plek vir haar 'n klomp paas eiers koop. By Howick het ons natuurlik na die waterval wat 95m hoog is gaan kyk en die kinders was behoorlik disgusted toe ek hulle vertel dat daar 'n seun in 1940 daar afgeduik het want sy vriende het het hom ge"dare" vir £20. Van daar af is ons na die Karkloof waterval toe wat...