Week 7 - In Afrikaans
gepak! Dit het amper gevoel asof die tyd te vinnig gevlieg het. Asof ons eintlik nog so maand of wat moes bly op die plaas. groet die beeste Ons was eintlik nie regtig so lus om op te pak nie en het begin gesels oor 'n moontlike terugkeer in Julie. Junie was egter geboek en betaal so ons moes eenvoudig fort. Donderdag het ek die HELE FREAKIN DAG gepak en skoongemaak (ek vind goed beter as ek skoonmaak..) en Pieter het hekke gebou saam met sy pa. Die hekke het hom tot baie laat besig gehou en dit het tussenin gereën so ongelukkig was die tetris-meester nie beskikbaar om die kratte se inhoud mooier pak nie.. Dit het egter mooi uitgewerk... dink ek.... alhoewel toe ons aan die anderkant uitpak was ek nogal verstom oor hoe baie gaatjies nog beskikbaar was vir goedjies om ingedruk te kon word... ag wat, so leer mens maar. Die rak wat Pieter gebou het werk flippin goed! Die sleepwa het nou meer plek, niks is vasgemaak op die kar se dak nie en ons het lekker gemaklik g...