Plasings

Solo stap op die berg

Prent
My skoonpa-hulle het 'n plaas in Kwazulu Natal. Hulle bly in die "ark" - 'n plek wat omring is deur berge. Die berge is deel van die Drakensberg-reeks, maar dit is nie die Drakensberge wat almal aan dink van die "instagram-posts" nie. In hierdie wêreld is die landskappe plase, maar eerder as landbou is dit meestal beesboerderye. Die beeste loop paadjies uit in die klowe en op die kruine van die berge en daar is baie fonteine en spruite en watervalle wat nie op googlemaps se voorstelle sal opkom as jy staproetes soek vir die dag nie. Ek het al dikwels so op die stoep gesit en staar vir die mooi landskap en gedink om myself voor te neem om op elke berg of bult wat ek van die huis af kan sien, te kan staan eendag. Ek hou van stap. Nie dat ek vreeslik "hard core" is nie. Ek hou net van die gevoel van stadig maar seker hoër en hoër teen die steiltes uitsukkel en dan uiteindelik beloon te word met 'n mooi uitsig. 'n Ander gesigspunt. 'n Nuwe

Die Pienk Boei

Prent
Declan is nou 13. Hier aangekom in Jbay besef ek dat die volgende paar jaar 'n nuwe tipe avontuur vir ons almal gaan inhou. Die golfies in die see is maar klein die week hier in die Jbay (soos dit maar is in die somermaande) so daar word branderplank gery - maar nie so baie soos voorheen nie. Dit is ook maar goed vir ons Cloetes, want 2 maande weg van die see af laat jou selfvertroue vlakke in die water maar bietjie daal. (Of dalk "sink" dit eerder in water?) So gaan sit ons noudiedag - noudat oom Cyril die strande weer oopgemaak het - op die strand vir 'n "sundowner"-tjie, en sommer ook 'n vinnige swem. Die meisies dip net so vinnig in die vlak water, maar die manne besluit om dit dieper in te durf. So hou ek hulle dop - ek en Pieter en Candice sit op die strand en gesels, terwyl Corné, sy seun en Declan swem.  Alhoewel die see nie te rof was nie, was ek onseker of my seun so ver kan swem. 'n Mens verdrink mos gewoonlik in die see omdat jy uitgeput

Amper weer terug in Jbay

Prent
More ry ons weer terug Jeffreysbaai toe.  Lady Grey vanaf die Joubertspas Ons is in die laaste week van November 2020 daar weg, toe was ons by die Gariep Dam vir 2 aande, by my ma-hulle vir so paar nagte, by my skoonma, toe in Kaapsehoop, in Nelspruit, in Waterval-Boven, terug by my ma hulle, in Pretoria, terug by my ma-hulle, deur na my skoonpa-hulle naby Newcastle, toe in Clarens, Lady Grey en nou op 'n wildsplaas naby Queenstown. Watervalletjie in die berg by Clarens Dit was nou 'n padrit-en-'n-half! En more voltooi ons die sirkel uiteindelik :-) Ek moet sê ons het nogal lief geword vir die Oos Kaap. Die Vrystaat was pragtig - Clarens en Golden Gate - en sal ons definitief weer sien. KwaZulu Natal spog met die majestieuse Drakensberge en die landskap in Mpumalanga is betowerend. Maar ons sien nou weer uit na elke dag se seewater oor ons lywe en sand tussen ons tone.  2021 lê nog in al sy glorie voor ons oopgesprei en ons mooi land wag vir avonturiers en ontdekkers om te

Wie gaan wen?

Prent
Baie dinge het die laaste klomp jare verander. Ek wou byvoorbeeld 20 jaar terug nie trou of kinders hê nie.  (Dit het nie lank gehou nie.) Ek en Pieter sou 16 jaar terug nooit kon raai dat ons op 'n padrit deur Suid Afrika sou gaan nie. Of dat ons soveel lekker dinge hier in ons land kan aanvang nie. Maar wat ons wel al 16 jaar terug saam gedoen het en van gehou het, was om rots te klim. Ons gunsteling plek om heen te gaan was Waterval Boven. Daar was 'n kamp plek - Elandskrans. Google maps sê hy bestaan nog, maar dit het intussen verander. Elandskrans was die plek om te wees as dit langnaweek was. Nie so ver om te ry van Johannesburg af nie, en nie te duur om by te kamp nie. En die beste van alles is die wêreld-klas klimroetes. Ietsie vir almal, lekker maklikes vir gewone mense en dan vingers-afkou-benoude roetes vir die anders-as-ons-mense. Soos Gustav Janse van Rensburg wie Roc 'n Rope Adevntures begin in Waterval Boven, by wie se backpackers ons gaan bly het vir so paa

Adam se Kalender - Desember 2020

Prent
Ons is nogsteeds by my ma se huis in Daleside. My sussie het positief getoets vir COVID (sy voel darem al baie beter), so vir veiligheid is ons maar in self-isolasie op die plot. Ek hou egter nie van wag en niksdoen nie, so ek het toe maar self gaan toets Vrydag, en het gister die uitslag ontvang - NEGATIEF! (Dankie TOG!) Maar voor ons aan beweeg van hier af, is daar darem nog so paar avonture waarvan ek kan vertel -  Die eerste een is ons besoek aan Adam se Kalender einde Desember laasjaar. Ek het noudiedag maar eers gelees van hierdie vreemde plek naby Kaapsehoop. Klippe wat gepak is in 'n eienaardige vorm op 'n bult, in lyn met seker astronomiese liggame. Ons eie "stonehenge". Natuurlik is daar volop mistieke meesters wat reken hulle weet waar dit vandaan kom, en daar is heelwat onderliggende politiek oor wie toere doen daar ens. So as jy nie weet van die plek nie is dit g'n wonder... Mens sou dink dat dit nogal 'n groot toeriste aantreklikheid moet wees, m

Upper Tonquani... 'n dagbesoek

Prent
 In Gauteng aangekom was dit vir my belangrik om onmiddelik avonture te begin beplan. Die natuurlike reaksie daarop is om my boetie Hein te skakel. Hein en Sarah is omtrent so lank soos ek en Pieter getroud, maar hulle het al 4 kinders! Die een is wilder as die ander en avonture is hulle middelnaam. Hierdie Stapelberg-gesin is ook lede van die Bergklub van Suid Afrika en hulle benut die Johannesburg en Magalies-seksies se eiendomme baie goed. Dit het toe net so gebeur dat hulle die naweek in die berge sou kamp, by die deel wat genoem word "Upper Tonquani". Met min oorreding nodig het Pieter toe ook ingestem op hierdie avontuur, MAAR hy was nie lus om te kamp nie, want die indra van tente en slaapsakke het vir hom soos te veel van 'n "schlep" geklink. Hein het my gewaarborg dat die instap nie te erg is nie (net so uur) so alles het belowend geklink. Tildie het besluit om saam met ons te kom op hierdie avontuur, en om nie so ver hoef te stap aan die einde van'

Wat ons aangevang het in 2020

Prent
Ek is spyt dat ek nie die hele 2020 deur my weeklikse dagboekinskrywing (aka - blog) gedoen het nie. Nou voel dit soos 'n vergete tydperk in ons lewens. Ek wil graag hierdie post gebruik om bietjie te vertel wat ons aangevang het.  Nadat ons in Gauteng was vir 'n rukkie en huise opgepas het vir vriende, is ons Ooskaap toe. Natuurlik was dit nie net 'n deurjaag tot daar nie, so ons eerste stop was Bloemfontein. Van daar af is ons Rhodes toe vir so 2 nagte. Rhodes is 'n prentjiemooi dorpie in die berge - hier is 'n youtube video wat ek daarvan gemaak het - ek sal enige dag weer teruggaan soontoe! Youtube video van Rhodes Die mooiste dorpie in die berge - Rhodes Ons het spesiaal in Rhodes gaan bly om die Naudesnek pas te gaan ry - en dit was ABSOLUUT die moeite werd! As jy die pas ry van Rhodes af, dan eindig jy op in Maclear. Ons het mos die laaste keer wat ons in die area was (September 2019) naby Maclear gebly en die Tsitsa waterval gaan kyk daar naby Tsitsa waterva

Die Begin van 'n 20/20 jaar!

Prent
So. (Ek kom agter dat ek heeltemal te veel van my sinne begin met "so"...) In September het ek getreur daaroor dat ons padrit-sirkel voltooi is, maar vandag is my hartjie bly want dit lykmy die plan het eintlik net bietjie verander (verbeter?). Ons het 'n wonderlike geleentheid gekry om in Jeffreysbaai te gaan bly vir 6 maande van Februarie af! Ons slaap vanaand in Rhodes in die Ooskaap en sal oormore deurry na "Hole in the Wall" naby Koffiebaai. Van daar af sal ons afry Queensberry bay toe en bly vir 'n week en daarna in Oos Londen en Port Elizabeth totdat ons kan intrek in Jbay. Maar dalk moet ek so bietjie opvang waar ek laas opgehou het... Ons het in September en die hele Novembermaand by my skoonouers op die plaas gebly naby Newcastle (gaan kyk gerus ons YouTube video daaroor: https://youtu.be/-yFwQQGyn5A ). Dit het gevoel asof ons huistoe gekom het en dit was heerlik om by hulle te wees. Oktober het ons spandeer in Hibberdene en

Week 74 en 75 - die einde van hierdie avontuur

Prent
Om terug te gaan na 'n plek toe is dikwels baie anders as wat 'n mens dit onthou het. Laasweek was al vier van ons terug in Pretoria. Hierdie week was ons heelweek op die plaas naby Newcastle. Dit was die eerste keer in 'n jaar en 'n half wat ons al 4 dieselfde tyd in Pretoria was. Hoe vreemd. Maar ons is nie meer lus vir die gejaag van die plek nie. Ons hou nie meer van die groepsdruk in die skool nie. Ons sien nie meer kans vir die tyd wat so gesteel word deur verkeer en aktiwiteite en huiswerk nie. Dit was natuurlik nie hoe ons oorspronklike plan was nie. Ons sou teruggaan en alles sou wees soos normaal. Maar dit kan nie meer wees hoe hierdie seisoen uitdraai nie. Ons verlang terug na die see en ons voel asof ons nou tussen stasies is. Ons een avontuur is voltooi, en die volgende een het nog nie begin nie. Wat presies ons volgende avontuur gaan wees, weet ons self nog nie heeltemal nie. Maar hierdie kosbare tyd met mekaar kan ons nie sommer net so laat ga

Week 73 - Terug waar ons begin het...

Prent
Maandag het ons gery van die wildsplaas af naby Queenstown, tot by Maclear. Heelpad in die Ooskaap. Die landskap herinner baie aan dele van Kwazulu Natal en het amper bekend gelyk. Ek het myself misgis met waar Maclear is, want my plan was eintlik dat ons die Naudesnek bergpas moet ry, maar die is baie nader aan Rhodes en sou 'n 2-ure ompad vir ons beteken het. Dit is ook lekker want dit beteken dat ons weer moet teruggaan soontoe. :-) Sonsondergang op die plaas naby Maclear Ons was lanklaas vir sulke lang tye aaneen in die kar. Die kinders het mooi getrou hulle skoolwerk gedoen en ek het vir ons elke nou en dan voorgelees uit 'n boek wat ek in Bathurst gekoop het. Die boek was nie so lekker boeiend soos "Fiela se Kind" of "Kringe in 'n Bos" nie, so die voorlesing was nie juis suksesvol nie. Dit was baie hartseer om die dorpies te sien wat so vuil en afgeskeep is, diere wat verwaarloos wei tussen vullishope en brandsiek brakke wat weggejaag

Week 72 - Port Alfred en die wildsplaas

Prent
Toe ons laasweek Saterdag in Port Alfred aangekom het, was die see ontstuimig. 'n Stappie langs die strand Die weervoorspelling het gewys dat die wind baie gaan waai en dat dit net Dinsdag mooi genoeg gaan wees vir branderplankry. Dit was heeltemal waar. Dinsdag was "surf'-dag Dit is asof die see al wilder word hoe hoër ons opbeweeg langs die kus. Daar waar die Kowie rivier in die see inloop, het hulle twee piers gebou as ingang in die klein hawetjie waar die bote veilig kan lê.  Die mensgemaakte stellasie maak egter 'n baie lekker golf wat die branderplankryers lekker ver kan ry op goeie dae. Sonsopkoms in Port Alfred Maandagmiddag het ons gou na werk na die Boesmansrivier toe gery. Oral langs die kus is daar rivere wat in die see invloei, en die riviere het dan ook hoog- en laagwater soos die see. Met hoogwater styg al die "jettys" voor die huise waar die bote vasgemeer is op, en met laagwater gaan lê hulle weer in die modder. By omt