Plasings

Week 31 in Afrikaans - Cederberge (Kromrivier Cederbergpark)

Prent
Die hoeveelheid fotos wat ek neem lyk soms vir my direk verwant aan hoe goed (of opwindend?) my dag was. Maandag tot Donderdag het ek 35 fotos geneem. Van Vrydag af is daar oor die 500 fotos wat besig is om op te laai na google photos toe. Ek gaan julle vertel van ons week van Vrydag af. Ons het vroeg opgestaan en gepak vir ons naweek Cederberge toe! Die keer het ons 2 nagte bespreek op die plaas Kromrivier wat naby mooi klimroetes is en ook naby die bekende Maltese kruis. Oppad soontoe het ons deur Moorreesburg gery en omdat Pieter moes werk doen het ons gou gestop by die Koring museum.  Daarvandaan het ons gery tot by Piketberg wat 'n pragtige dorpie is met so geskiedkundige roete soos wat ons gestap het toe ons in Barberton was. Ons het vinnig in Citrusdal gestop vir brandstof en die pad verder gery dieper in die Cederberge in. Die vrou by wie ons bespreek het, het ons gewaarsku dat daar geen brandstof of selfoon opvangs hier is nie. Die laaste ent is 'n...

Week 30 in Afrikaans - !Kwha ttu, Weskus fossielpark en branderplankry

Prent
Hierdie week was ons by 2 baie interessante plekke. Die eerste een was !Khwa ttu, 'n plek waar mens leer van die San mense. Dit is ook 'n skool vir San mense om heen te gaan en self te leer van hulle eie kultuur wat amper heeltemal uitgesterf het. Dit was baie interessant, en die plek is baie mooi ingerig.  Dit het my herinner aan 'n boek "Eternity in their hearts" waarin 'n sendeling vertel dat God in elke kultuur en taal iets van Homself gebêre het sodat mense van alle nasies Hom sal soek. Ek het gewonder of Hy dalk juis in vandag se Suid Afrika al die volke in 'n identiteitskrisis in dompel sodat ons Hom weer moet begin soek. Die tweede plek was die Weskus fossielpark wat perfek was vir Declan se NW waarmee ons die week begin het wat gaan oor fossiele. Dit is 'n massiewe stuk land wat vol versteende beendere is - dit lyk soos 'n groot diere graf. Hulle het sabel getande tiere se beendere daar gevind, 'n megalodon haaitand, 'n ...

Week 29 in Afrikaans - Langebaan

Prent
Die strandmeer hier in Langebaan is 'n pragtige plek. Ons stap graag so teen die strand af al langs die meer of vat ons koppie koffie en gaan sit op die bankie wat uitkyk oor die water. Daar is 'n eiland reg voor ons wat "Schaapeneiland" genoem word en dit lyk asof dit lekker sal wees om rondom hom te swem een dag. Die robbe kom speel ook gereeld hier in die rustiger water en wanneer die wind opsteek (soos dit elke dag doen) is die kite-surfers volop. Die wind waai omtrent altyd en dit vat tyd om gewoond te raak aan die koue (van die wind) so deur die hitte (van die son)... alhoewel die water hier baie warmer is as by enige van die ander weskus strande hier rond. Woensdag het Pieter summier besluit ons moet 'n surfboard gaan koop, en ons pak toe die amper 2 ure se ry aan na Blouberg toe. Ons sal uiteindelik almal graag wil probeer om te surf, en daarom was dit nodig dat die bord nie net groot genoeg sal wees vir Declan nie, maar ook vir Pieter moet kan hou....

Week 28 in Afrikaans - Sutherland, Langebaan, Paternotster

Prent
Maandag was ons weereens verstom oor hoeveel grondpad tussen dorpe kan lê, en hoe skielik alle konnektiwiteit verlore kan raak in die ver ente pad tussen die dorpe. Sutherland is eintlik net 'n klein dorpie met stofstrate. Daar is 'n OK en straatkafees en interessante winkeltjies. Maar ons was daar vir die sterre so ons eerste stopplek was die planetarium. Die planetarium gebou is baie kleiner as die een wat ons in Johannesburg het maar die sitplekke maak op daarvoor met die gemak-faktor! Hulle lê sommer so VER terug sodat jy amper voel jy lê op 'n bed.. Dit was net ons 4 en 2 ouer dames wat die vertoning bygewoon het. Die vertoning was nie so "wow" nie, en die een ou tannie agter ons het heerlik gelê en snork in die gemaklike stoel. Charma self het ook bietjie haar middagslapie opgevang en ons het lekker gelag vir die 2 wat so lê en slaap! Ons het die volgende dag na die "South Africa Large Telescope" gaan kyk. Met die dagtoer vat hul...

Week 27 in Afrikaans - Cederberge (Kunje Gasteplaas)

Prent
Hierdie week het ons in die Cederberge gebly in 'n eenvoudige huisie op 'n plaas. Ons was weggesteek tussen bome en rotse met baie geheime speelplekke. Daar was so baie dinge op ons lysie wat ons wou gaan kyk as ons in hierdie omgewing is, maar dit wat direk om ons was, was net te aanloklik so ons het die hele week net op die plaas gebly. Oppad hierheen vanaf Lambertsbaai het ons in Clanwilliam gestop en die tronkmuseum en die rooibostee fabriek asook die skoenmaak fabriek besoek. Die plant waarvan rooibostee gemaak word kom natuurlik net in die Cederberge voor. Dit was vir ons baie interessant om te leer hoe die proses werk van die plant tot by die maak van die tee in die boksie. Die fabriekwinkel het 'n lekker "smoothie" van rooibostee wat 'n lafenis was in die amper 40 grade celsius daardie dag! Die skoenfabriek was ook baie oulik- hulle maak regte leerskoene en die hele proses van die leer wat uitgesny word tot waar die sole opgeplak en ge...

Week 26 in Afrikaans - Lambertsbaai

Prent
Lambertsbaai was ons volgende stop. Pieter het vir ons 'n pragtige plekkie bespreek met 'n dakkamer (wat Charma onmiddelik ge"deps" het!) en 2 slaapkamers onder... so hier is slaapplek vir 5 mense maar dis gelys as 'n 4-persoon huisie. Ons huisie in Lambertsbaai Ons was bietjie vroeg al gereed om in te boek want Vredendal is nie so ver van hier af nie en 'n tannie wat hier naby bly (die opsigter) het gou kom kyk of alles reg is vir ons. Sy het baie vinnig gesê ons moet nie daar bo slaap nie want hulle het al 'n "insident" gehad. Charma se gesiggie het dadelik geval en ek het net vir haar gesê "sssjjjt" want ek het gedink as sy by Mtunzini nie by die leer afgeval het nie sal sy sekerlik nie by die trappies hier afval nie. Trappies na die boonste kamer Hier is gelukkig 'n Spar hier waar ons inkopies vir die week kon doen en lekker strate vir fietsry (so ons kon redelik "lig" ry van Vredendal af sonder inkopi...

Week 25 - In Afrikaans (Garies, Vredendal, Calvinia, Nieuwoudtville)

Prent
Oppak is so 'n fees sonder die sleepwa. Maandag het ons tjoef-tjaf opgepak en pad gevat Garies toe. Die "locals" korrigeer ons vinnig as ons dit uitspreek met 'n "g" soos in "gras". Dit is "g" soos in die engelse "grass"! Die grondpad van Hondeklipbaai tot by Garies het ons mos toe al gery en die keer kyk ons toe mooi uit vir "Simson se moer" soos party hom noem. Ander noem hom "Goliat se albaster". Dit is 'n ronde rots wat in die middel van nêrens lê. Baie indrukwekkend en dit laat mens wonder hoe hierdie rotse en formasies daar gekom het. Goliat se albaster In Garies moes ons eers bietjie stop en werk doen. Dit was kokend warm (in kontras met die ysige koue by Hondeklipbaai die dag tevire) en ons het weggekruip in ons huisie met lugversorging in. Die kinders moes maar skoolwerk doen terwyl ons gewerk het en eers later daai middag is ons bietjie in die kar om die "Letterklip" te soe...

Week 24 (In Afrikaans) - Hondeklipbaai

Prent
Na 'n naweek van begin skoonmaak en pak en weer ophou het ons Maandag(!) uiteindelik finaal opgepak en aan die gang gekom. Dit het omtrent 3 ure gevat om vir almal totsiens te sê. Dit het gevoel of ons net sowel bietjie langer kon bly... Die kinders se maatjies, Carter en Jayden, en ons liewe tannie Jossie het so lekker laaank met ons gesels voor ons daar weggekom het. Maar toe ons uiteindelik wil ry, toe wil die kar nie "start" nie en die een wiel is pap! Tannie Jossie, by wie ons laaste tee gedrink het, bel toe haar seun en hy ry toe spesiaal om vir ons te kom help. Ons volgende stop was Hondeklipbaai. Die pad soontoe het baie roetes. Almal het ons gemaan om te ry op 'n sekere manier wat bietjie meer kilometers is, maar meer teerpad en minder sinkplaat grondpad. Iewers het ons egter iets misgery en ons is toe op die ou einde omtrent heelpad grondpad tot daar. Dit was ook oraait want ons het die mooi landskap geniet en selfs op een plek 'n skilpad wat in...

Week 23 - In Afrikaans (Laaste-laaste week in Springbok)

Prent
Oumense is die beste mense. Hulle het tyd vir nog 'n koppie tee en 'n vinnige geselsie. Tyd vir nog 'n drukkie en nog 'n keer dankie sê. Hulle jaag nie na die volgende vergadering of byeenkoms nie en is regtig baie bly om jou te sien of te ontmoet of dalk weer te sien. Hulle is in die vertreksaal en geniet die tydjie wat hulle nog hier by ons het en sien ook uit na die nuwe lewe wat voorlê. Dit is wat die week vir my uitgestaan het. Declan het elke middag met sy maatjie sokker gespeel, hulle was skoon hartseer toe hulle mekaar gegroet het Die tannie wie se huisie ons huur in Springbok het kom inloer en verskoning gevra dat sy nie al lankal kom tee drink het nie. Sy het alreeds 2 keer sommer uit haar eie vir Charma by haar laat speel en rustig met haar tyd spandeer. Sy het kom vra hoe dit gaan en of ons darem 'n lekker maand gehad het. Sy het vertel haar kleinseun is gebore en hulle gaan bietjie vir hom gaan kuier en dat sy nie hier gaan wees as ons ry n...

(Week 22 in Afrikaans) - Port Nolloth, Goegap Natuurreservaat en laaste week in Springbok :-)

Prent
Port Nolloth was so mooi dat ons Maandag besluit het om nog 'n aand daar oor te slaap. Ons het toe in McDougal's baai geslaap so klipgooi van daar af. Ons huisie op Mcdougalsbaai Dit het my herinner aan vakansies toe ek klein was en ek het vir Charma gesê hier sal ons vir seker pampoenskulpies optel. Ek onthou toe ek klein was hoe dit 'n hoogtepunt in my lewe was dat ek sulke mooi skulpe "ontdek" het op die strand en tussen die rotse. En die herinneringe het teruggespoel in my hart: die "stink" reuk van die seewier wat oral uitgespoel lê met klein goggas wat rondwoel om dit en die skatkiste in die sand van skulpe. Ek het toe ek klein was, roomysbakke vol seepampoentjies gehad, naderhand het ek dit uitgedeel as kersfeespersente en kersies daarmee gemaak want daar was nie meer plek in my kamer daarvoor nie. Dit was hemels. Jag vir pampoenskulpies Dit was dieselfde opwinding wat ek kon sien in Charma se ogies soos sy daai strand gefynkam het....